About

Hoërskool Bosmansdam High School

Bothasig en Hoërskool Bosmansdam is op die oorspronklike plaas Bosmansdam wat vir drie geslagte aan die Schietekat-familie en daarna aan Annie Levinkind behoort het, geleë. Dele van die grond is tussen 1961 en 1989 deur die Milnerton Munisipaliteit en die Afdelingsraad onteien. Bosmansdam is na Bothasig herdoop nadat die destydse Minister van Behuising, Mnr P.W. Botha, 'n huis aan die eerste inwoner oorhandig het. Die woonbuurt het vinnig gegroei en dit het gou duidelik geword dat daar 'n behoefte aan 'n Hoërskool ontstaan het. Die eerste personeel het uit slegs sewe lede bestaan. Die eerste skoolkomitee is gekies op 17 Maart 1971 onder voorsitterskap van Mnr M.J. v.N. van Schoor. Die skoolleuse was eers UNITAS, maar het verander na UNITATE FORTIOR (sterker as eendrag). Die skoolkleure was eers blou, oranje en wit, maar het in 1982 verander na blou, maroen en goud. In 1989 is die amptelike skoolwapen en das in gebruik geneem. Die skoollied is deur die bekende Dirkie de Villiers getoonset en die woorde is deur sy vrou Doll geskryf. Klik op die skoolwapen om die woorde van die skoollied te lees. In 1980 het die skoolblad, VOX (die Stem van die mense) sy eerste verskyning gemaak.